Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

KIerksdorp Rekord, Hartbeesfontein - Die mans wat verdink word van die moord op ‘n 39-jarige ma van Hartbeesfontein wat doodgeskiet is tydens ‘n vlaag rooftogte op die dorp in November verlede jaar, het vandeesweek weer in die hof verskyn.

Phillip Otto Djan (48) en Pascal Senayah (39) het Dinsdag 12 Maart in die landdroshof op klagte van moord en gewapende roof verskyn. 

 

Die twee, glo albei van Ghana, is na hul inhegtenisneming in Desember verlede jaar op waarskuwing vrygelaat. Dit was glo omdat hulle nie 48 uur na hul inhegtenisneming voor die hof gebring is nie.

Drie huise is daardie nag geteiken en ‘n geliefde Hartbeesfonteiner, Marilize Bosman (39), is doodgeskiet terwyl haar tienerdogter, Limari, iewers in die huis geskuil het. 

Daarna is die rowers vort na nog twee huise waar skote afgevuur is en die huise geplunder is. 

Beide beskuldigdes is enkele dae na die rooftogte en moord in die Morokweng-nedersetting sowat 300 km van Hartbeesfontein in hegte-nis geneem nadat die polisie leidrade opgevolg het.

Dit was vir die slagoffers en hul families ‘n bitter pil om te sluk toe Djan en Senayah na hul eerste hofverskyning vrygelaat is. Johan Wessels (72) het aan Klerksdorp Rekord gesê die gebeure daardie noodlottige nag is vir altyd in sy geheue vasgevang. 

Hy en sy vrou het vir hul lewe gevrees toe hul huis ook daardie aand geteiken is. Die rowers het laaste by Ansa Kleyn (53) se huis toegeslaan. Sy het in haar motorhuis gaan wegkruip nadat die rowers op haar en haar honde losgebrand het. Hulle is nie raakgeskiet nie. 

Die saak is uitgestel na 14 Mei vir verdere ondersoek.