Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - ‘n Ma en haar tienerseun het ‘n noue ontkoming gehad toe daar op haar motor geskiet is.

Hulle was Maandagmiddag 11 Maart teen 16:00 in Goueweg naby die kruising na Vaal Reefs op die R502 toe die rit huis toe in ‘n nagmerrie verander. “Ek het regtig eers gedink iemand het in ons vasgery van agter af toe ek die slag voel. Ek het rondom my gekyk en gesien dit is nie ‘n kar nie. Toe was daar nog ‘n slag en ek was oortuig ons word met klippe gegooi, want ek het al gehoor dit het daar gebeur.

 

 

 

 

“Al wat deur my kop gegaan het, is om my kind veilig te hou. Ek het gesê hy moet sy kop laag hou en dat hy nie moet agtertoe kyk nie, maak nie saak wat gebeur nie. Ek het my gat afgeskrik.’’

Sy het aanhou ry en eers by Orkney polisiestasie gestop waar sy polisiebeamptes vertel het wat gebeur het. “Hulle het saamgestem dat dit koeëlgate is in my agterruit. Ek kan nie sê of my voertuig ‘n teiken was en of dit dwaalkoeëls was wat die motor getref het nie. “Dit maak my bekommerd, want ek ry daardie pad gereeld.’’

Sy is ‘n werknemer van ‘n koeriermaatskappy en wil daarom anoniem bly. “Ek ry soms met baie kontant rond en wil nie van myself ‘n teiken maak nie.’’

Kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord. 

“Die area waar dit gebeur het, is bekend vir bedrywighede van onwettige myners so dit kan wees dat dit dwaalkoeëls is wat die motor getref het.”