Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die 16-jarige tiener wat weggeloop het van die kinderhuis in Klerksdorp, is veilig terug by haar ouerhuis.

Die dogter was vir ses nagte skoonveld en het Donderdagaand 1 Augustus koud, vuil en honger by haar ouerhuis op Orkney aangekom. 

“Ons het die aand so tienuur by die huis gekom, toe sit en wag sy vir ons onder die boom,’’ het haar ma aan Klerksdorp Rekord gesê. “Sy wil nie praat oor waar sy was en wat gebeur het nie. Haar foon en goed wat sy by haar gehad het is gesteel, maar ek is net dankbaar my kind is veilig en by die huis.’’

Die tienermeisie en haar sussie (11) is in 2022 uit hul ma se sorg verwyder en deur die kinderhof in die sorg van die kinderhuis geplaas.

Klerksdorp Rekord het verneem dat die sussie verlede week terug in haar ouers se sorg geplaas is, nadat die oudste een weggeloop het. Die ouers wat nie geïdentifiseer kan word nie om hul minderjarige dogters te beskerm, is intussen versoen en woon weer saam. Hulle was glo vervreem van mekaar toe die kinders in die kinderhuis geplaas is. Die ouers het verlede week aan Klerksdorp Rekord gesê dat hulle hoop hul oudste dogter sal terugkeer huis toe as sy hoor haar sussie is terug by die huis en dat sy ook kan huis toe kom.

Mina Reyneke van die SAVF Kinderhuis het bevestig dat die kind terug by haar huis is. Sy het gesê hulle werk saam met ‘n maatskaplike werker om in die beste belang van die kind op te tree. Sy wou nie verder kommentaar lewer nie.