Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Record, Klerksdorp - Twee swaar vragmotors wat omgeslaan en hul vrag verloor het, het verkeer op die N12 tussen Wolmaransstad en Klerksdorp die afgelope week vir ure ontwrig.

In die eerste voorval het ‘n dieseltenkwa op Woensdag 31 Julie omgeslaan en ‘n groot deel van die 44 000 liter diesel wat deur die vragmotor vervoer is, het op die pad gestort. Die bestuurder van die vragmotor is na ‘n hospitaal in Klerksdorp vervoer met geringe beserings. 

Steven Mpato van Matlosana Brandweer en rampbestuur het aan Klerksdorp Rekord gesê dat Spilltech, ‘n onderneming wat spesialiseer in die opruiming van gevaarlike afvalstowwe ingeroep is om die storting van die diesel op te ruim. Die N12 was vir die tydperk gesluit en het eers in die vroeë oggendure van Donderdag 1 Augustus vir verkeer heropen.

Kort daarna, het nog ‘n swaarvragmotor wat groente vervoer het, naby Dominionville langs die N12 omgeslaan. Volgens die verkeersowerhede het ‘n motor voor die vragmotor ingedraai wat veroorsaak het dat die bestuurder beheer verloor het. 

Een persoon in die motor is dood en nog een is na die hospitaal in Klerksdorp vervoer.

Die botsing het ook veroorsaak dat die pad vir etlike ure gesluit is, omdat die vragmotor dwars oor die pad gelê het. Die vrag groente moes ook eers verwyder word.