Die laagwaterbrug in Leemhuisstraat is gevaarlik in die reën en ‘n motoris het dit op Donderdag 6 Februarie op die harde manier uitgevind. Die pad was nat na ‘n swaar reënbui en ‘n voertuig het skynbaar in die spruit beland nadat die bestuurder beheer verloor het. Die vermoede bestaan dat die voertuig ‘n groot plas water getref het. Dit het deur die reëling gebars en in die Skoonspruit beland. Action Force en die Songloed Buurtwag was op die toneel. Volgens ooggetuies is niemand beseer nie, net erg geskok. Die bestuurder is na ‘n plaaslike hospital vervoer en weer ontslaan. Foto: Afriforum Buurtwag.