Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS se sportspanne het ‘n goeie naweek op die sportveld gehad.

Veral op die rugbyveld het die eerstespan verlore aansien herwin na hul nederlaag teen Hoërskool Lichtenburg in die Classic Clash deur die besoekende Kemptonparkers stert tussen die bene terug huis toe te stuur. 

 

 

KHS se eerstes lê tans onder aan die log in die Noordvaal Beker se plaatafdeling. Na net drie wedstryde kan daar nog baie water in die see loop vir die bloues veral gemeet aan hul uitstekende terugvegpoging om die veel sterker Kempton Park met vier punte te wen. 

Die eindtelling was 24-20.
 
Die Johannesburgers lê na vier wedstryde derde op die log en sal die verloor nog lank onthou. KHS se kaptein en Luiperds Cravenweekspeler GJ Steenberg was ‘n doring in die vlees vir die teenstanders en het sy span puik aangevoer. Abrie Esterhuizen het kookwaterrugby gespeel en gewys hy verdien sy plek in die span. Hy het twee drieë gedruk met Janu de Wet wat ook agter die doelpale gekuier het.

Die volgende wedstryde word nou eers na die skoolvakansie gespeel met KHS wat op 13 Julie in nog ‘n tuis-wedstryd teen HTS Middelburg te staan kom.

Nog goeie nuus vir KHS is dat al vyf KHS se A-netbal-spanne deurgedring het na die Noordwesfinaal. Die o/16 A-span het vir die SA-kampioenskap gekwalifiseer al het hulle in die finaal teen Rustenburg verloor.

KHS se eerste seunshokkiespan het Bergsig 3-1 geklop en die meisies het gelykop gesteel, nul elk.