Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die platinum inter (Groep B) byeenkoms het verlede week by die Kenneth McArthur-stadion in Potchefstroom plaasgevind.
HTS Klerksdorp was vanjaar die gasheer vir die groot byeenkoms met atlete en leerlinge van Hoërskool Schoonspruit, HTS Klerksdorp, Wagpos, Ferdinand Postma, Bekker, Hoërskool Fochville, Curro Klerksdorp, HTS Potch, Aseo (Ashton Johns, Stilfontein, Educators High en Orkney), Wolmaransstad en Millision (Milner, New Vision).
Hoërskool Wolmaransstad het die byeenkoms gewen met 932,5 punte, Wagpos van Brits was tweede en Fochville derde. Schoonspruit was vyfde en die beste Klerksdorp-skool op die telbord.
Die Schoonie-atlete verower altesaam 23 medaljes: 8 goud, 8 silwer en 7 brons. Die volgende atlete wen goud: Suné Harmse (400m en 800m), Leaney de Koker (800m en 1500m), Duncan Frits (1500m), Bonolo Makalela (100m hekkies), Lenél Kriel (hoogspring), Mikayla Horn (diskus) en die meisies o19 aflosspan.
* Leané in 800m en Duncan het albei nuwe rekords opgestel.
* HTS Klerksdorp se seunsspan was tweede in die afdeling vir seuns.
* Mieke Gerber van Fochville is die topuitblinker van die dag met drie eerste plekke. Sy het die 100, 200m en skyfwerp gewen. Sy is as die Victrix Ludorum aangewys.
Volgende jaar bied Schoonspruit die byeenkoms aan.