Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Gary Young, toppresteerder van Hoërskool Schoonspruit, het 6 A’s behaal en Rekeningkunde was sy gunstelingvak.
Hy het onderskeidings in Afrikaans, Engels, LO, Rekeningkunde, Besigheidstudies en Rekenaar Tegnologie. Hy het 86% vir Rekeningkunde behaal.
Hy gaan vanjaar by NWU in Potchefstroom studeer en wil ‘n rekenmeester word. Hy gaan eers in-en-uit ry en dan kyk op hy plek in ‘n koshuis kan kry. Hy is tans op ‘n waglys.
Hy beskryf sy hoërskoolloopbaan by Schoonies as ‘n belewenis en ‘n voorreg en bedank veral die hoof, Anka Swart, vir haar ondersteuning. Hy was verlede jaar die hoofseun.
Sy beste vriend van skool gaan ook NWU toe en hy gaan ingenieurswese studeer.