Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Alri Rossouw is die topmatriek in Hoërskool Wesvalia en sy het 7 onderskeidings behaal. 

Sy het A-simbole in Afrikaans, Engels, Wiskunde, LO, Rekeningkunde, Besigheidstudies en Ekonomie. Sy het 97% vir Rekeningkunde en 99% vir Besigheidstudies! Syfers is haar kos en sy dink dis in haar bloed, want haar ma werk by ‘n rekenmeestersfirma en pa is in finansies.








Sy sien uit na die nuwe jaar met al sy uitdagings en wil ‘n rekenmeester word. Sy is gekeur om by die NWU te studeer en gaan in Oosterhof bly. Sy moet op 30 Januarie intrek en die oriëntering begin op 2 Februarie.

“2024 was ‘n rowwe jaar. Ek het my ouma en oupa verloor tydens die rekordeksamen en was verbaas om duxleerling te wees. Ek is ook ‘n diabeet en stress maak dit erger. Ek was darem nie siek tydens die eindeksamen nie,” vertel sy.