Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

lerksdorp Rekord, Potchefstroom - KHS se tweede plek by die afgelope naweek se NWU Inter in Potchefstroom het nie ‘n demper op hul gees geplaas nie. Die blou golf het darem weer met die geesbeker teruggekeer na Klerksdorp.

Hoërskool Rustenburg is as die algehele wenner aangewys met KHS ‘n kortkop agter hulle in die tweede plek. Potch Gimnasium wat die inter vir jare gedomineer het, het derde geëindig.

 

KHS se seunspan is as interhoër wenners aangewys en Amo-gelang Tatai het die senior Victor Ludorum gekry en Thlogi 
Kgosieng die junior Victor Ludorum.

Tatai was die oorvol pawiljoene se gunsteling waar hy met ‘n glimlag drie rekords verbeter het in langafstande. Dit moet genoem word dat Noordwes gebuk gaan onder ‘n hittegolf en die atlete en toeskouers het swaar gekry in die hitte. Nietemin, Tatai verbeter die 800m, 1500m en 3000m rekords vir o/19’s.

KHS-atlete het ook verskeie ander rekords verbeter en hou nou meer as 50 rekords by die prestige byeenkoms met Noordwes se top skole. Die ander rekords is gebreek deur Lize van Zyl (100m o/15), Simphiwe Nero (100m o/15), Ewald Jansen (spiesgooi o/19), Tlogi Kgosieng (300m hekkies o/14), o/15 meisies aflos, o/15 seuns aflos.

KHS het 193 medaljes ingepalm op die dag waarvan 60 goud was. Volgende week reis KHS se atlete na Pretoria om aan die Superinter deel te neem. 

Hoërskool Wesvalia het 45 goue medaljes by die byeenkoms ingepalm. Wesvalia se meisies het die atletiekbaan oorheers en het ses nuwe rekords opgestel. Die rekords behoort aan Denike Jordaan (200m, 400m, 300 m hekkies), Carli Visser (400 m hekkies), Amoné le Roux (verspring) en Lamoni Coetzer (driesprong).

Denike het die junior Victrix Ludorum ontvang en Carli is aangewys as senior Victrix Ludorum en beste baanatleet van die dag.