Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Met die skolerugby- en netbalseisoen verby, is dit die rugby sewes en vinnige vyf netbal se beurt.

KHS het korte mette gemaak van die Noordwes-sewestoernooi wat onlangs op Lichtenburg gehou is, en twee spanne in die finaal gehad. KHS se o/15s is as Noordweswenners aangewys. 

 


Die span het in sy poel wedstryde vir Wagpos 26-10, Matlosana 32-5 en Stella 52-0 geklop. KHS het met Lichtenburg swaarde gekruis in die kwart-finaal en met 38-0 gewen, waarna hul Wesvalia 17-7 in die semi-finaal oorwin het. KHS het Volkies in ‘n spannende finaal oorwin met 22-12.

KHS se o/17-span het afgereken met Gimmies, Brits, Potch Boys High en Matlosana in poel wedstryde, waarna hul Lichtenburg en Bergsig oorwin het in die kwart en semi-finaal. In die finaal was Volkies die keer aan die wen kant met 14-10.

Albei spanne neem eerskomende naweek aan die Noordvaal finaal deel wat in Potchefstroom gespeel word.

* Op die netbalbaan het KHS se o/15-netbalspan vir die SA Fast Fives gekwalifiseer.  KHS, Volkies en Gimmies se spanne gaan Noordwes verteenwoordig.