Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit was nie net pret en plesier by KHS se interhuisatletiekbyeenkoms nie, atlete het ook hul kant gebring.

‘n Indrukwekkende 22 nuwe rekords is opgestel in vergelyking met vorige jare se agt (2024) en elf (2025). 

Zoey Gracie (o16) het ondermeer ‘n 50 jaar oue rekord in verspring verbeter. Die rekord is in 1976 opgestel deur ene B van der Westhuizen. Gracie het die rekord verbeter na 5,27m vanaf 5,09m.  

 

Nog rekords wat by die byeenkoms getuimel het, was agter die name van top atlete soos Noel Meyer, Henru Olivier, Kayla van der Bergh en Micaela Thomsen. Sewe van die nuwe rekords pryk ook agter die name van o14 atlete wat pas hul skoolloopbaan by KHS begin het. KHS se spiesgooifabriek onder leiding van Erich Wiese is ook stewig in die saal met nuwe rekords in bykans elke ouderdomsgroep. ‘n Opwindende atletiekseisoen word voorspel.

Die volgende atlete het rekords verbeter: Alto Wiggett (spiesgooi o14), Zoey Gracie (verspring o16), Anru van Deventer (driesprong o14), Dean McAslin (200m o17), Kate-Lynn Fourie (200m o17), Shinell Prins (300m hekkies o15), Charne Tolmay (skyfwerp o15), Lamoni Coetzer (driesprong o16), Alru Ross (driesprong o14), Juhanell Ollewagen (skyfwerp o14), Sonnica van den Berg (skyfwerp o17), Marques Olivier (spiesgooi o19), Abigail Coetzer (spiesgooi o14), Ava Tannous (100m hekkies o17), Lehanke Beets (spiesgooi o15),  Delaney Janse van Vuuren (spiesgooi o16), Kate-Lynn Fourie (100m o17), Nelike van den Berg (spiesgooi o14), Kate-Lynn Fourie (100m hekkies o17), Stian Zopick (spiesgooi o19), Lamoni Coetzer (100m o17) en Declynne da Silva (hoogspring o14).