Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Elf nuwe rekords is opgestel by KHS se interhuis-atletiekbyeenkoms verlede week.
Twee van die rekords is 30 jaar gelede opgestel en het agter die naam gestaan van vorige SA kampioene. Spiesgooi atleet Marques Olivier het die seuns o19 spiesgooi rekord van SA kampioen Johnny Vosloo verbeter na 64.34m, terwyl Zoey Gracie in die 100m vir meisies o15 die Springbok Isabel Rossouw se tyd verbeter het na 12,415s. Albei rekords is in 1995 opgestel.
Nog rekords wat verbeter is, is Shinell Prins (o/14 300mH), Hardus Coetzer (o/16 400mH), Jenna van Dyk (o/19 100mH), Ruhan Dreyer (o/15 spiesgooi), Lehanke Beets (o/14 spiesgooi), Jandri van Staden (o/16 skyfwerp), Charné Tolmay (o/14 skyfwerp), Sonica van den Berg (o/16 skyfwerp) en Lili Damoyi (o/15 300mH).
Christian Jacobs is aangewys as die junior Victor Ludorum, terwyl Shinell Prins en Zoey Gracie die junior Victrix Ludorum deel. Dean McAslin is die senior Victor Ludorum en Ava Tannous die senior Victrix Ludorum.