Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Wesvalia het hul teenstanders van Secunda op Saterdag 3 Augustus in die doodsnikke van die wedstryd geklop.

Wesvalia is tans die voorlopers in die Noordvaal skildafdeling nadat hulle nog nie ‘n wedstryd verloor het nie. Die Bruin Bere het vroeg in die wedstryd punte aangeteken en hul daarna in ‘n begeesterde Secunda vasgeloop wat met puik verdediging self kon punte aanteken. 

Met die wedstryd amper verstreke het die besoekers daarin geslaag om met ‘n strafskop voor die pale met twee punte voor te loop. Met genoeg tyd vir die afskop is die telling 29-31 en na die Wessies se afskop word Secunda gestraf vir obstruksie.

Die toeskouers wat reeds begin huis toe gaan het was verbaas. Skielik was ‘n wen binne Wesvalia se bereik. Alles het gerus op die skouers van heelagter Rickardt van Heerden wat die bal oorgeklits het om Wesvalia se wenpunte aan te teken. Die eindtelling was 32-31.

Wesvalia speel Donderdag 8 Augustus teen die Anker in die laaste rondomtalie wedstryd.