Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - KHS is goed voorberei op die Super Inter die week in Pretoria en spog met 71 medaljes na die dr KK-kampioenskap verlede week.

KHS se atlete het 36 goue medaljes verower by die distrikkampioenskap. Voor in die koor is Jenna van Dyk en Dean McAslin wat elk drie goue medaljes gewen het. Hulle het albei die hekkie items gewen. Henru Human, Hloni Motaung en Chante Fourie het twee goue medaljes elk gewen.

 

Christian Jacobs, Lily Damoyi, Zoey Gracie, Shinell Prins en Kate-Lynn Fourie het elk drie medaljes gewen.

Die beseerde spiesgooi-afrigter Erich Wiese se ses spiesgooi-atlete het elk ‘n goue medalje gewen by die byeenkoms.

KHS neem in die top groep deel by die Super Inter teen skole soos Afrikaans Hoër, Helpmekaar, Waterkloof, Garsfontein en Noordheuwel. Dit sal die eerste keer wees dat KHS in die top groep deelneem nadat hulle verlede jaar groep twee gewen het.