Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Ottosdal - Die 31ste Draf-en-Trap op die nabygeleë dorp vind die naweek plaas en die dorp gaan bars uit sy nate.

Volgens die hooforganiseerder, Willa Naudé, is sowat 1 600 voorafinskrywings ontvang vir die byeenkoms op Saterdag 25 Januarie.

Die organiseerders moes vandeesweek bontstaan om al die vereistes van die polisie na te kom nadat in Julie verlede jaar vir goedkeuring aansoek gedoen is. 

Naudé het Klerksdorp Rekord op Woensdag 22 Januarie verseker dat al die vereistes nagekom is en dat die byeenkoms die naweek beslis sal plaasvind.

Diegene wat nog wil inskryf, kan nog die oggend op Saterdag vir die fietsrenne inskryf en nog tot die middag vir die hardlope.

Die Draf-en-Trap bied bergfietsrenne (20, 40 en 60 km), padrenne (10, 20, 40, 84 en 120 km) en hardlope oor 5, 10, 21.1 en 42.2 km aan. Die marathon oor 42.2 km is ‘n kwalifiseerder vir die Twee Oseane en Comrades marathons.