Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Ottosdal - Ottosdal het die afgelope naweek gelewe met fietsryers en atlete wat na die plattelandse dorp gestroom het.

Dit was tyd vir die jaarlikse Draf-en Trap en volgens die organiseerder, Willa Naudé, was dit weereens ‘n groot sukses. “Sowat 1 600 mense het voor die groot dag (25 Januarie) ingeskryf en honderde op die dag van die byeenkoms,” het sy gesê. Brandon Downes, ‘n professionele fietsryer van Johannesburg, het die 120 km ren gewen. Sy tyd was 03:02. 

Klerksdorpers het ook in groot getalle opgedaag en fietsryers Dusty Day was vierde, Egon Campbell 14de en Tyler Day 22ste.

Die marathon is deur Tshepo Gavu gewen. Sy tyd was 02:31:27.

Die marathon is ‘n amptelike kwalifiseerder vir die Twee Oseane en Comrades marathons.