Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - Die NW Driekampkampioenskap het die afgelope naweek plaasgevind en ten spyte van die hittegolf het Klerksdorp se atlete baie goed gevaar.

Atlete was almal verheug dat die higiënegehalte van die Vaalrivier uitstekend was, wat die swembeen moontlik gemaak het. Die kampioenskap het op Saterdag 1 Februarie plaasgevind.

Die Supersprint-kategorie is vir atlete van 12 tot 15 jaar en behels ‘n aaneenlopende 400 m swem, 10 km fietsry en 2,5 km hardloop. Lene Bester van Laerskool Saamtrek was die wenner van die o13-meisies-ouderdomsgroep.

 

 

 

 

Die naelloopkategorie bestaan uit ‘n aaneenlopende 750 m swem, 20 km fietsry en 5 km hardloop. Die algehele kategoriewenner en o/17-ouderdomsgroepwenner was Julian Demetriou van Hoërskool Wesvalia. Sy ma, Izaane, het ook aan die naelloopdriekamp deelgeneem, waar sy ‘n algehele tweede plek in die kategorie behaal het, en haar ouderdomsgroep gewen het.  

Mede-Klerksdorpers Anton Schoeman, Heila Smith en Griseldes Ellis het ook hul ouderdomsgroepe gewen.  

Romke de Jongh het in die kategorie Standaard Olimpiese afstand oorheers waar hy 1500 m swem, 40 km-fietsry en 10 km hardloop aangepak het.  Romke was die algehele wenner van die Standard-kategorie.

Die SA Driekampkampioenskap vind op 16 Maart by Ebotse Landgoed, Benoni plaas.