Klerksdorp kan spog met twee SA landloopkampioene. Amogelang Tatai is as die junior landloopkampioen oor 8 km aangewys en Stephan Fourie is die SA o/8 kampioen. Die kampioenskap het die afgelope naweek in Middelburg plaasgevind. Tatai is ‘n oudleerling van KHS en Fourie is in Laerskool Saamtrek. Hy het die 1 km wedloop vir seuns gewen in ‘n tyd van 3:38s. Hy is ‘n kranige atleet en presteer in atletiek. Hy het in 2024 ‘n agste plek behaal by die SA’s.
Goue medaljes vir langasems
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode