Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

3 Oktober 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Sewesfees vind eerskomende naweek plaas en die weervoorspelling is ‘n sonnige 31°C nadat verlede jaar se fees seker die koudste naweek van die jaar was.

Organiseerder Raymond Vermeulen en sy span glimlag breed na ‘n suksesvolle afskop verlede naweek met die gholf en rolbal wat in ‘n lekker gees gehou is. Die fees word oudergewoonte op die sportvelde van KHS gehou en Vermeulen sê alles is in plek vir een van  die land se grootste en oudste sportfeeste. Die tema vanjaar is ‘Kiep it real’.

 

Die naweek is bedrywig rugby, netbal, hokkie en dodgeball. Diegene wat nog nie die fees bygewoon het nie, kan 48 rugbyspanne, 64 netbalspanne en 16 hokkiespanne verwag asook 16 spanne by dodgeball. Dit beteken honderde mal, sportliefhebbende mense saam met hul vriendinne, kêrels, familie en vriende, asook honderde toeskouers.

Jy kan ook daar wees. Kaartjies vir die naweekpas is R360 vir volwassenes en R100 vir leerlinge. Die dagkaartjies is R150 elk vir volwassenes. 

Terloops, die musiekprogram rock nog meer. Juan Boucher, Barto, Robbie Wessels en Loufi op 3 Oktober en Jo Black, Tamlyn Wessels en Synth Peter op 4 Oktober. Die musiekprogram kos nie ekstra nie en is ingesluit in die hoofkaartjieprys.