Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Sewesfees is ‘n jaarlikse instelling en ‘n hoogtepunt op die plaaslike sportkalender.

Die 15de fees het die afgelope naweek by KHS plaasgevind, na maande van beplanning. Die fees met sy spyskaart van rugby, netbal, hokkie, dodgeball en musiek het op Vrydag 3 en Saterdag 4 Oktober plaasgevind, met gholf en rolbal wat die vorige naweek aangebied is.

 

 

Volgens die organiseerder, Raymond Vermeulen, is hulle so dankbaar vir die warm weer, want verlede jaar het die mense omtrent verkluim. Hy is beindruk met die deelnemers aan die fees, al die besoekers en is in sy noppies met die opkoms.

Die aksie op die sportveld was net so lekker warm soos die weer en die musiekfees het besoekers laat dans en saamsing. Volgens Raymond was al die spanne teenwoordig wat ingeskryf het. Dit beteken 48 rugbyspanne, 64 netbalspanne en 16 hokkiespanne was die naweek in aksie.

Die musiekprogram was uitstaande met onder andere Jo Black, Robbie Wessels, Juan Boucher, Loufi en Barto wat opgetree het. Die ondersteuners het hulle luid toegejuig en saamgesing.

“Die datums vir 2026 is nog nie vasgestel nie, maar dit sal die eerste naweek van die Oktober-skoolvakansie wees. So dalk 1 en 2 Oktober,” sê Raymond.