Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Boetie en sussie van Klerksdorp, Franco van Heerden (10) en Riané Groenewald (7), het onlangs aan die Western Mounted Games in Lichtenburg deelgeneem.

Hierdie twee ruiters het aan die spele deelgeneem as deel van Azar Western Mounted Games en na slegs drie maande se oefening presteer hulle al klaar baie goed. Die klub se ruiters het in 10 kategorieë deelgeneem tydens die kompetisie 21-22 Maart.

 

 

Riané Groenewald, kinderruiter (4-13 jaar), presteer op vlak 1. Sy verwerf die volgende plekke by SAWMGA (South African Western Mounted Games Association): 3 eerste plekke, 2 tweede plekke, 2 derde plekke en 2 vierde plekke. Riané eindig ook algeheel eerste op Vrydag en vierde op Saterdag.

Riané was ook in 2024 die Nasionale Kampioen met SANESA 40km uithouritte. Sy en haar perd, Farris, is onafskeidbaar.

Franco van Heerden, kinderruiter (4-13 jaar) presteer ook op vlak 1. Hy verwerf die volgende plekke by SAWMGA: 2 eerste plekke, 2 tweede plekke, 4 derde plekke en 1 vierde plek. Hy eindig algeheel derde op Vrydag en eerste op Saterdag. 

Die klub het met 8 ruiters en hul perde gaan deelneem. Die pryse wat hulle teruggebring het, is: 28 eerste plekke, 34 tweede plekke en 16 derde plekke. Hulle verwerf ook algemeen 8 eersteplekke, 3 tweede plekke, 3 derde plekke en 2 vierde plekke.