Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS het ‘n suksesvolle trompoppiekompetisie aangebied en boonop met uitstekende uitslae weggestap.
Die skool se trompoppies het die “large poms” en large flag”-kategorieë gewen.
Hulle het ook in die subafdelings van die “small drill”-afdeling uitgeblink met ‘n eerste plek vir die hoofleier, tweede plek vir die subleiers, tweede vir die span, tweede vir die vertoning en tweede algeheel.
Die groep se getalle het so gegroei dat hulle vir die eerste keer sedert die pandemie weer in die “drill”-afdeling kan deelneem.