Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Met seer voete en moeë lywe is meeste van die Comrades-atlete terug by die huis met harte vol dankbaarheid. 

Uit die 55 atlete van die plaaslike marathonklub wat gekwalifiseer het, het 44 die wedloop onder 12 ure voltooi. 

Die eerste man oor die wenstreep vir die Klerksdorp klub was Diketso “Johannes” Radebe in 6:49. Johannes kry ‘n silwermedalje. 

 

 

 

 

Die eerste vrou was Venessa Lottering. Sy het die 9 ure afsnytyd met 1 minuut gemis. Sy was een van die nuwelinge wat haar eerste Comrades hierdie jaar aangedurf het. Sy het die titanium Robert Mtshali-medalje gekry wat aan deelnemers gegee is wat die marathon tussen 9:00 en 9:59 voltooi het. 

Mtshali was die eerste swart deelnemer in die 1935 Comrades Marathon, wat sy wedloop in ‘n tyd van 9 uur en 30 minute voltooi het. 
Sy pogings is nie amptelik aangeteken nie, aangesien die destydse regering se rasreëls bepaal het dat jy ‘n wit man moes wees om te kan deelneem. Hulle was daardie jaar slegs 35 in totaal wat die wedloop voltooi het.

Die wedloop vanjaar is deur die Nederlander Piet Wiersma gewen in ‘n tyd van 5:25 en die vrouewenner was weereens Gerda Steyn, waar sy haar eie rekord verbeter het na 5:49. 

Sy was slegs 25 minute na die manswenner oor die wenstreep.