Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Wesvalia beleef ‘n uitmuntende krieketseisoen. Die eerste krieketspan het ses van sy sewe wedstryde in die Noordvaalliga gewen, met net een verloor teen Rustenburg Hoërskool.
Die span het op Saterdag 12 Oktober gemaklik met 102 lopies vir Hoërskool Klerksdorp gewen.
Wesvalia het eerste gekolf en was vroeg in die moeilikheid, maar Quewen Fourie se 44 lopies en ‘n briljante beurt deur Luan Vermeulen met 116 onoorwonne lopies het vir Wesvalia 221 lopies beteken.
KHS is uitgeboul vir net 119 lopies. Marneau Dreyer was deurslaggewend in die sege. Hy het ses paaltjies geneem.