Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Sportdag in NWU-reeks op eie bodem

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die stad is op die vakansiedag 21 Maart die gasheer vir verskeie sportspanne uit die noorde van die land as die kwartfinale in die NWU Prestige-sportreeks by onderskeidelik Hoërskool Wesvalia en KHS sal plaasvind.






‘n Hoogtepunt op die rugbyprogram is die langverwagte kragmeting tussen die eerste spanne van Wesvalia en KHS. Die twee skole is groot teenstanders van mekaar en ding vanjaar vir die eerste keer in jare in dieselfde liga mee. Ondersteuners kan Vrydag ‘n voorsmakie kry van wat te wagte kan wees tydens die liga wat in die tweede kwartaal afskop. KHS en Wesvalia gaan mekaar op 10 Mei by KHS pak, maar vir nou is daar ‘n lusmaker vroeg in die seisoen om te kyk wie gaan deurdring na die semifinaal in die NWU-reeks.

Ondersteuners kan ‘n taai stryd verwag met Wesvalia wat vol vertroue is na hul oortuigende wen teen Hoërskool Wagpos die afgelope naweek en die KHS’ers wat verlore aansien wil herwin nadat hulle die afgelope naweek teen Hoërskool Zwartkop vasgeval het. Die wedstryd begin om 15:30 op Wesvalia se hoofveld.

Netbal, tennis en hokkie is ook op die spyskaart met wedstryde wat op die sportterrein van Wesvalia en KHS gespeel sal word. Spanne van Potchefstroom Gimnasium, Wagpos, Hoërskool Die Anker, Hoërskool Hugenote, Hoërskool Pietersburg en Hoërskool Zwartkop neem teen die Klerksdorpers deel. 

Hou die skole se onderskeie Facebookbladsye dop vir meer inligting oor wedstryde.