Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die nasionale president van Jukskei SA en Noordwes se president, het die plaaslike klub onlangs besoek.
Hennie Oosthuizen, president: Jukskei SA, en André Ross, president: Jukskei NW, het saam met die Hak-en-Steek-klub jukskei gespeel op 8 Maart.
Dit was NW Jukskei se laaste groot oefening voor die Snr SA jukskeitoernooi, wat vandeesmaand op Kroonstad plaasvind.
Spanne vanaf Oos-Gauteng, Swartruggens, Noord Vrystaat, Mpumalanga, Sedibeng en Lichtenburg het die jaar kom speel.
Danie de Beer, Cindy Louw, Willem Lou en Hennie Louw het die A-afdeling gewen.
Jukskei is besig om te groei in Klerksdorp en die klub nooi mense uit wat wil kom speel of weer wil begin.