Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - By die Noordwes Rolbal Veteraan Enkel-kampioenskap het Klerksdorpers behoorlik geskitter deur vyf van die moontlike agt medaljes te verower.
Altesaam 72 spelers, dames en mans, het gedurende die kampioenskap meegeding om die medaljes en om gekroon te word as die Veteraan Kampioen van 2025.
Na die groep fase rondtes het 11 spelers van Klerksdorp deurgedring na die uitkloprondtes wat in Klerksdorp gehou is. In die mansafdeling was dit die top 16 spelers en in die damesafdeling was dit die top 8 wat moes deelneem vir ‘n plek in die finaal.
Klerksdorp Rolbal is trots om albei kampioene in sy midde te hê. Daleen Peens is die dames kampioen en André Olivier die manskampioen vir 2025.
Ander KBC lede wat medaljes ontvang het, was Jillian Booth (silwer), Errol Booth (silwer) en Marius Nel (brons). Ander klubs se spelers wat medaljes verower het, is Magdel O’Donoghue van Parys (brons), Alida Rossouw van Fochville (brons) en Waldie Schulenburg van Afrimat, Lichtenburg (brons).