Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die 14de Sewesfees was weereens ‘n wenner, al het die weer nie saamgespeel nie. Die onverwagse winterweer het ‘n bietjie van ‘n demper op die aktiwiteite geplaas wat die naweek plaasgevind het. 

Die aksie was egter vuurwarm en al het van die toeskouers eerder tuis gebly, het al die spanne wat vir die verskillende sporte ingeskryf het, darem opgedaag.

 

Organiseerder Raymond Vermeulen het aan Klerksdorp Rekord gesê die stalletjies het steeds goeie verkope gehad en die fees se gees was warm met goeie kunstenaars op die verhoog. “Ons het goeie kunstenaars gehad en ten spyte van die koue ‘n goeie opkoms. Ongelukkig is daar niks wat ons aan weersomstandighede kan doen nie. Dit was ons koudste fees nog en een wat ons altyd sal onthou. Dankie vir almal se ondersteuning."

In die biertent het Janco Nel, een van die ondersteuners van Clocolan af, gesê dat die fees nog steeds vuurwarm aan aksie en vermaak was, ten spyte van die weer.

Op die rugbyveld het die Zim Cheetahs die premierrugbyliga gewen, Barbarians die klubliga en Schweizer-Reneke die bierliga. Miyagi Old Boys het die sosiale liga gewen.

Panthers van Potchefstroom het die netbalklubliga gewen, Bombsquad die sosiale liga en Maoris Mixed die “mixed social”-groep.
Knights 2 het die hokkie gewen en Smoking Bombs die dodgeball “mixed social”-groep.

Vermeulen het gesê die datums vir 2025 se Sewesfees sal eers later aangekondig word wanneer die datums vir volgende jaar se skoolvakansie aangekondig word.