Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Vlakvark-wedloop het die afgelope naweek plaasgevind en hoewel ysige weer waarskynlik mense tuis gehou het, het daar steeds naby aan 300 atlete opgedaag vir die jaarlike wedloop deur die Faan Meintjes Natuurreservaat.

Die reservaat se paaie was baie mooi geskraap en met die koue weer kon die top atlete goed litte los maak en goeie tye is behaal op al die afstande. Die Rotariërs het ‘n groot vuur aangesteek en almal het daar vergader waarna hulle gesorg het vir heerlike worsbroodjies.

‘n Renoster het vir bietjie konsternasie veroorsaak en atlete wat die 21km afgelê het moes eers briek aandraai vir die ou grootte om oor die pad te kom voordat hulle weer kon verder hardloop. 

 

 

 

Die 5km is gewen deur twee leerlinge van Hoërskool Wesvalia, Luché van den Berg was eerste oor die wenstreep in ‘n tyd van 21 minute, terwyl Jahnco Janse van Rensburg twee minute na haar oor die lyn gekom het op 23 minute.

Die 10km is gewen deur Kgosi Khupari in 1:02, terwyl Bianca van Deventer kortkop voor haar sussie op 1:07 ingekom het.

Die 21km wedloop wat jou deur die hele Faan Meintjesreservaat neem, is deur Carel van Zyl van Klerksdorp Marathonklub gewen en die dames afdeling deur Berts Bricks-lid Suzanne Mulder in ‘n fantastiese tyd van 1:45.

Die Klerksdorp Marathonklub wil graag almal bedank wat die dag met hulle meegemaak het om die wedren op die kalender te hou vir nog baie jare wat kom.