Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Na afloop van vyf strawwe kompetisiedae teen top spanne van ander klubs in die provinsie het Klerksdorp Rolbalklub se spelers goud ingepalm tydens die NW Mans Premier liga.
Die span, onder leiding van Johan van der Heever, het korte mette gemaak van meeste van die teenstanders en dus genoeg punte ingesamel om die Premier liga te verdedig.
As 2024 se verdedigende kampioenspan was dit nie altyd maklik nie, want die teenstanders probeer hulle bes om jou te onttroon.
Die vyfmanspan het hulle goed van hul taak gekwyt en sodoende alle aanslae afgeweer.