Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Jong atlete van Klerksdorp het die afgelope naweek opslae gemaak by Atletiek Suid-Afrika se sub-jeug-kampioenskap waar hulle verskeie rekords verpletter het.

Die kampioenskap het die afgelope naweek in Potchefstroom plaasgevind. Imke Swanepoel en Ryan Beets het Noordwes se naam hoog gehou. Imke het die nasionale rekords in die 80m en 100m vir meisies o11 verbeter. Sy het ook ‘n eerste plek in die 70m hekkies verwerf en aan die aflos deelgeneem. Sy is ‘n leerling in Laerskool La Hoff.

 

Ryan het ‘n nuwe rekord in die spiesgooi vir seuns o11 opgestel en ook die eerste plek in gewigstoot verwerf. Hy is in Laerskool Saamtrek.

Nog goeie uitslae is behaal deur Declynne da Silva wat die o13 hoogspring vir meisies gewen het. Sy was derde in 200m hekkies en sewende in 75m hekkies. Alto Wigget (o13) het spiesgooi gewen.

Miné Scott van Laerskool La Hoff (o13) het ‘n silwer medalje in hoogspring gewen.

Die byeenkoms het kookwater atletiek opgelewer met die o7-seuns wat in die 80m uitdunrondtes so haastig was dat ses van die jong atlete die nie-amptelike Suid-Afrikaanse rekord verbeter het. Al die indrukwekkende vertonings oor twee dae van die kampioenskap het Sentraal Gauteng Atletiek bo-aan die medaljeleer laat eindig met ‘n totaal van 45 medaljes. Noord Gauteng Atletiek was tweede met 40 medaljes en Atletiek Sentraal Noordwes het derde geëindig met 21 medaljes.

Meer as 1 100 atlete wat 14 van Atletiek Suid-Afrika se provinsiale liggame verteenwoordig, het aan die kampioenskap deelgeneem.