Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Rubin Essakow, ‘n belowende jong tennisspeler van Klerksdorp is in die SA skolespan opgeneem. Hy is ‘n leerling van Laerskool Saamtrek en het van 7-11 Januarie aan die o13 IPT TSA skoleweek in Bloemfontein deelgeneem waar 16 provinsiale spanne meegeding het. Rubin het as nr 1-speler van Noordwes teen die ander provinsies se nr 1-spelers gespeel en is deur ‘n paneel van keurders vir die SA skolespan gekies. Hy speel al van 2022 af provinsiale tennis en sê dit was sy droom om vir die span gekies te word. Perry Grant van Westside Tennis Academy is al vir die afgelope 5 jaar sy afrigter en saam het hulle hard gewerk om Rubin se droom te verwesenlik. Foto: TSA.