Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Wesvalia se rugbyspanne speel volgende jaar in dieselfde liga as KHS na die rugbyspanne se puik vertoning die afgelope seisoen in die Noordvaalliga.

Die eerste span veral het die skildafdeling gedomineer en moet nog net die naweek die eindstryd wen om hul Noordvaal-veldtog onoorwonne af te sluit. 

 


Die Bruin Bere het die afgelope Saterdag teen Secunda in die halfeindstryd gespeel. Hulle moes hard werk vir hul 33 -21 wen nadat Secunda drie vinnige drieë teen hulle gedruk het. Op Lichtenburg het die Liggies met verlede jaar se bowl-kampioene, Die Anker afgereken om die tafel te dek vir ‘n eindstryd tussen die Noordwes-spanne.

Die finaal word Saterdag 24 Augustus by Wesvalia gespeel. Volgens afrigter Willem van der Sandt sal die Klerksdorpers nie vir Liggies onderskat nie. “Hulle is baie sterk in die vaste fasette van die spel. Hulle dryfmaal is goed en hulle was seker ons moeilikste teenstanders in die liga. Dit gaan ‘n groot stryd vir albei spanne wees.” 

Lichtenburg se hoofafrigter, Michael Bondesio en Van der Sandt is kollegas wat die laaste drie jaar die Luiperds tydens die Cravenweek gebrei het. Hulle ken mekaar se manier van dink en spelpatrone.

Bondesio het gesê ‘n taai wedstryd lê voor. “In ‘n eindstryd het enige iemand ‘n 50/50 kans om te wen. Dit bly ‘n groot uitdaging, Wesvalia het nog nie ‘n wedstryd verloor nie, so hulle moet die gunsteling wees. Ons is bly, dit is die eerste keer in ‘n lang tyd wat een van ons eerste spanne in ‘n Noordvaal eindstryd is. So ons sien baie uit om Klerksdorp toe te gaan en daar te speel.”

Wesvalia se o/14 en o/15 span speel ook in die eindstryd. Die Klerksdorpers het verlede jaar ook drie spanne in die eindstryd gehad maar kon nie ‘n beker wen nie. 

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat Wesvalia opskuif na ‘n hoër liga nadat hulle in 2023 uit die Bowl na die Skild-afdeling bevorder is. Volgende jaar wag die plaatafdeling. 

Wedstryde is soos volg:
o/14 Wesvalia vs Ben Vorster om 09:00
o/15 Wesvalia vs Ben Vorster om 10:10
1ste rugbyspan vs Lichtenburg om 12:45

Die uitslae van die afgelope naweek: Die o/14-span speel teen Hoërskool Lichtenburg en wen 60-5, die o/15’s speel 12-12 teen Hoërskool Pietersburg. Hulle het die eerste drie gedruk en dring sodoende deur na die finaal. Die o/16’s verloor teen Pietersburg 22-10 en die eerstespan wen 33-21 teen Hoërskool Secunda.