Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Wesvalia sal die afgelope naweek se rugbywedstryd nie gou vergeet nie, inteendeel daar gaan nog lank oor die naelbyt wedstryd gepraat word.

Wessies het die rekordboeke herskryf deur Hoërskool Lichtenburg op Saterdag 24  Augustus in die eindstryd van die SDC Noordvaalbeker se skildafdeling te klop. Met ‘n oorwinning van 23-21 het hulle die Noordvaal-seisoen onoorwonne afgesluit. Dit was ook die eerste keer dat die skool ‘n Noordvaal-titel op die rugbyveld verower het.

Wesvalia se Bruin Bere was oorgehaal vir aksie met die hoofwedstryd van die dag en hoendervleis oomblikke het vooraf plaasgevind met plaaslike ondersteuners wat in hul honderde opgedaag het vir die wedstryd. Wesvalia se agsteman en kaptein, Hanré Venter, het die druk goed hanteer en het gereeld waardevolle meters met sy sterk lopies gemaak, terwyl sy vermoë om die bal in kontak af te laai ook vir hoofbrekens gesorg het vir sy teenstanders. 

Die ander uitblinker, heelagter Rickardt van Heerden, was ook op sy stukke, met die oorwinning wat grotendeels aan sy skopskoen toegeskryf kan word. Hy het met drie strafdoele en twee doelskoppe geslaag. Uitmuntende verdediging het op die einde die knoop vir die tuisspan deurgehak.

Vir die besoekers was dit ‘n bittersoet einde aan ‘n merkwaardige seisoen. Die span van Lichtenburg het hul seisoen op tuisbodem onoorwonne afgesluit en was ongetwyfeld ‘n waardige teenstander in die eindstryd.

Agsteman Abrie Coetzee het sy laaste stryd op ‘n hoë noot afgesluit en op sowel die aanval as verdediging ‘n barshou gespeel. Haker, Juan van Rhyn, was, nes Coetzee, oral op die veld te sien en die twee Liggie-staatmakers is elkeen met ‘n drie beloon.

Wesvalia is ook as kampioen van die o/14-liga gekroon. ‘n Tweekuns deur Francois Cilliers en akkurate korrelwerk na die pale deur Zachery Janse van Rensburg het gesorg dat die span met 17-12 oor Hoërskool Ben Vorster kon seëvier.

In die o/15-eindstryd was dit egter die beurt van die Tzaneeners om koning te kraai. Twee drieë deur Dejuan du Plessis en vyf uit vyf suksesvolle pogings pale toe deur Cohen van Vuuren het die Tzaneeners in staat gestel om vir Wesvalia met 36-22 die loef af te steek.

Dit was ‘n spesiale dag vir Heidelberg Volkskool se o/16-span wat in ‘n taai stryd teen Hoërskool Pietersburg met 17-14 as oorwinnaars uit die stryd getree het. Dit was die Volkies se derde Noordvaal-titel in soveel jaar, asook hul 28ste agtereenvolgende sege in die kompetisie.

* Die berig is saamgestel met die hulp van SuperSport Schools Rugby.