Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Klerksdorp se rugbyveld was lanklaas so gepak soos op Saterdag 10 Mei met die aanvang van die Noordvaal-liga.

Dit was die eerste amptelike ligawedstryde en KHS en Hoërskool Wesvalia, wat beide in die plaatafdeling deelneem, was lus vir kookwater-rugby. Die skole is gedugte teenstanders vir mekaar en toeskouers het opgeruk om die rugbyspanne te ondersteun.

 

KHS was die gasheer van die wedstryde en het sedert Donderdag 8 Mei die buurskool ontvang vir netbal en op Vrydag 9 Mei, hokkiewedstryde. KHS se eerste netbalspan het koning gekraai deur Wesvalia met 34 doele teen 18 te wen. Wesvalia se eerste seunshokkiespan het KHS met 2-0 geklop en die meisies van KHS se eerstespan het Wesvalia met 1-0 geklop.

Maar op Saterdag was die tafel gedek vir rugby. Duisende toeskouers het opgedaag vir die wedstryd en die opgewondenheid was groot om te sien of die Bruin Bere dit twee wenne in ‘n ry kon maak teen hul aartsvyand. 

Die Wesses het nie teleurgestel nie en die hoofwedstryd tussen die eerstespanne beklink in ‘n naelbyter van ‘n wedstryd met ‘n telling van 27-22. Hulle het ‘n goeie dag gehad met Wesvalia wat uiteindelik ses van die nege rugbywedstryde gewen het.