Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Tydens die pas afgelope naweek het die grootste rolbalklub in die provinsie sy nuwe klubkampioen vir 2025 gekroon.
Die nuwe kampioen is Anton Grobler wat sy eerste titel as klubkampioen gewen het. Om alles te kroon is hy die president van die klub en president van Noordwes Rolbal.
Grobler het in sy opmars na die kampioenskap se goue medalje, sterk teenstand ervaar van sy teenstanders, maar met sy skitterende spel het hy dit moeilik gemaak vir hulle. Tinus Crous het die silwermedalje gewen met Hennie du Preez en Niekie Earle die bronsmedalje wenners.
Altesaam 48 spelers het aan die kampioenskap deelgeneem wat oor drie dae beslis is.
Belangstellendes kan André Olivier skakel by 082 418 5729 om meer uit te vind oor rolbal en hoe om ‘n lid te word van die klub. Miskien kan jy eendag Suid-Afrika verteenwoordig op die Olimpiese Spele van 2032.