Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Buro vir Weervoorspellings van Amerika het reën die hele Januarie oor SA voorspel asook ‘n moontlikheid van ‘n La Nina-fenomeen oor Suider-Afrika. Volgens die buro het La Nina gevorm en is bo-normale reënval moontlik tot einde Maart. Dit is baie goeie nuus vir die boere. Reën word vir die hele week voorspel met ‘n sterk moontlikheid van reën (90%) tot Donderdag 20 Februarie.
Die temperature sal skaars 20 °C haal.
Die naweek behoort warm te wees - tot 30 ° C op Saterdag 22 Februarie - met ‘n moontlikheid van donderbuie in die middae.
Dan behoort die reën weer sy verskyning te maak op Maandag 24 Februarie.