Klerksdorp Boekefees se naweek van lees, boeke, gedigvoorlesings, musiek, heerlike kos en goeie geselskap was ‘n fees om te onthou. Dit was so lekker om mense bymekaar te kry met dieselfde belangstelling in woorde en boeke. Staaltjies is gedeel en interessante boekgesprekke het dit laat voel of horlosiewysers vinniger verbytik. Fotograaf Mejandra Fourie het die beste oomblikke van die fees vasgevang. Volgende jaar maak ons weer so.
A first for Klerksdorp Primary
The first-ever Miss and Mr KPS pageant took place recently at the school and they aim to make it an annual event. The pageant awarded seniors and juniors (Grd 2). The judges were Karen Rooi, Shandre Olivier, Miss Klerksdorp 2024, Refilwe Mothudi, former Miss Klerksdorp, Buhle Tshoniswa, Miss North West exclusive, and Marco Steenkamp, Mr Super Model Worldwide. Shuhaib Mohammed Lakhi is in front. Principal Christiaan Oberholzer is in the back.
Skryf nou in, want die tyd is min
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Wat moet jy doen om jou naam in dieselfde asem as Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Jan Vermeulen en Nanette van Rooyen genoem te kry? Jy moet daai storie wat al só lank in jou kop broei, nou dadelik begin skryf - net dálk is jy die volgende wenner van LAPA se befaamde Jeugromankompetisie.
Fees vir lesers lê voor
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - ‘n Interessante program wag op boekwurms by die Klerksdorp Boekefees wat die naweek plaasvind.. Die fees by Verdant skop reeds om 12:00 af op Vrydag 1 November met ‘n gesprek met sakejoernalis TJ Strydom oor sy boek Capitec - Stryd met die grotes.
Koekies vir Klerksdorp
Die Klerksdorp Tehuis vir Bejaardes het die afgelope naweek basaar gehou en Klerksdorpers het kom inloer, koop en gewys hulle gee om. Adri Ortlepp, Hester du Preez, Bets van Aarde, Estelle Kotze en Linda Horn is die ywerige vrywilligers wat honderde koekies vir die basaar gepak het en alles is verkoop. Anita Breytenbach (afwesig) is een van die sterbakkers. Lees meer oor die tehuis se planne om sy deure oop te hou in Klerksdorp Rekord. Foto: verskaf.