Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Graan SA waarsku dat die volhoubaarheid van die Suid-Afrikaanse koringbedryf in ernstige gevaar is, met produsente wat toenemende insetkoste, lae internasionale pryse en onvoldoende markbeskerming in die gesig staar. Die organisasie roep alle rolspelers in die stroom-op- en stroomafwaardeketting, insluitend die publiek, 
op om die krisis dringend aan te spreek. Graan SA sê die Suid-Afrikaanse koringbedryf is in ’n krisistoestand. Stygende insetkoste, onderdrukkende internasionale pryse en ’n tariefstelsel wat nie tred hou met markrealiteite nie, plaas produsente op die rand van finansiële ondergang. Indien ingryping nóg vertraag, kan plaaslike produksie onomkeerbaar afskaal.

Read more …Swart Vrydag vir koring

Klerksdorp Midweek, Pretoria - Stel jou voor: ’n poskantoor, bank, slaghuis, apteek, boekwinkel én derduisende mense wat van oraloor in rye en rye tente op die Voortrekkermonument-terrein saamtrek om fees te vier. Nie net is feesvier en statige seremonies deel van die Afrikaner se DNS nie, maar veral vernuf en fyn beplanning. Hiervan getuig twee historiese geleenthede toe reuse-tydelike dorpe op die Monument-terrein opgerig is: met die hoeksteenlegging in 1938 en die inwyding van die Monument in 1949.

Read more …Unieke uitstalling by Voortrekkermonument

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die DA is diep geskok oor die wrede en sinnelose moord op ‘n pa verlede week in Songloed tydens ‘n huisinbraak.

Die voorval het vroegoggend op Vrydag 21 November in Loganstraat gebeur.

Gewapende rowers het na bewering deur ’n venster van een van die slaapkamers binnegekom, die kinders wakker gemaak, die gesin se televisie geëis en toe die pa doodgeskiet.

 

 

 

 

Die rowers het die 54-jarige Matloko Moitshane geskiet voordat hulle met ’n televisiestel en twee selfone gevlug het. Hy het as ‘n verpleegkundige in Klerksdorp Hospitaal gewerk.

Rdl Pieter Swart betuig sy innige meegevoel aan die familie gedurende hierdie ondenkbare tyd van rou, veral aan die kinders wat gedwing is om sulke trauma te aanskou wat geen kind ooit moet verduur nie. 

“Hierdie verskriklike voorval is nog ‘n aanduiding van hoe kriminaliteit in Matlosana buite beheer geraak het. Geen gesin moet vrees vir hul veiligheid in hul eie huis nie, en geen gemeenskap moet kwesbaar gelaat word vir toenemend gewelddadige misdaad nie. 

“Die DA doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om dringend op te tree en te verseker dat diegene wat verantwoordelik is, vinnig aangekeer en aanspreeklik gehou word. Ons doen verder ‘n beroep op die SAPD om sigbare polisiëring te versterk, reaksietye te verbeter en proaktiewe misdaadbestrydingsmaatreëls in ons gemeenskappe te prioritiseer,” sê Swart.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

More Articles …