Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die AfriForum-tak en die Doringkruin-buurtwag het in Oktober saam met inwoners en ondernemings in Doringkruin ’n buurtvernuwingspoging aangepak. Die eerste fase van hierdie projek het reeds op 18 Oktober begin. Dié span het onder meer die gras by Murantiweg en omliggende areas gesny en daar is reeds 1.6 ha tussen Soetdoring- en Boekenhoutstraat se gras gesny. ’n Stop-teken in Soetdoringstraat is ook vervang. Volgens AfriForum, fokus die projek op die herstel en instandhouding van plaaslike infrastruktuur, insluitend die vervanging van beskadigde padtekens, verwydering van vullis, gras- en bosbeheer, asook die netjies hou van parke en openbare ruimtes.