Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - By Emrike Leersentrum, geregistreerde skool en nie-winsgewende organisasie, is die kwaliteit van onderrig die heel belangrikste. In die vyf jaar van hulle bestaan, is talle suksesverhale en positiewe terugvoer die bewys dat hulle op die regte pad is. 
Daar is ‘n Voorskoolse Stimuleringsgroep, en Vlak R tot Vlak 10 klasse. Elke leerder word op meriete geplaas waar hy/sy gemaklik is. Hul volg ‘n rooster, werk in boeke en kry ook huiswerk as dit nodig is - nes ‘n regte skooldag. Omdat daar nie meer as tien leerders in ‘n klaskamer is nie, kry leerders individuele aandag.

Nog ‘n voordeel by die skool is die feit dat hulle ‘n dubbelmedium skool is (Afrikaans en Engels). Die onderwysers is almal gekwalifiseerd om met dié spesiale kinders te werk.  ‘n Prysuitdeling word jaarliks gehou waar persoonlike prestasies soos vaardighede, diensbaarheid, selfvertroue, mededeelsaamheid, sosialisering en ander kriteria beloon word. Dit is ‘n groot dag op die kalender. 
Die terrein is verdeel in ‘n vaardigheidsarea, sitareas, biblioteek en ‘n dammetjie met eendjies (omhein en veilig). Leerders sit of speel waar dit vir hulle gemaklik is tydens pouses. 
Die visie vir die skool is om bewusmaking by ouers te kweek sodat hulle besef Emrike is ‘n leerskool waar kinders ondersteun en gehelp word. Kinders word toegerus om in die samelewing aan te pas en te kan help met take in en om die huis. Ouers glo daarin om saam te werk, mekaar by te staan en ander ouers te betrek sodat meer kinders die geleentheid kry om na die Leerskool te kom. Hier gaan dit oor omgee, die beste vir elke ouer se kind of kinders. Die gemeenskap van Lichtenburg word genooi om betrokke te raak, deur te help deur tyd af te staan of liefde uit te straal. Die gemeenskap kan gerus stokperdjies gaan demonstreer, ‘n praktiese projek gaan doen, of ‘n storie gaan lees. Daar is baie innoverende, talentvolle en vaardige mense wat hierdie kinders kan help om hulle toe te rus om dinge self te kan doen.  Skakel die skool op 073 624 9359.