Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die griepseisoen begin binnekort en hierdie is wat jy moet weet om jouself te beskerm.
Wanneer begin die griepseisoen?
Gewoonlik begin die griepseisoen die afgelope 20 jaar (uitgesluit Covid tussen 2020-2022)  gewoonlik tussen middel April en vroeg in Junie. Dit bereik ‘n hoogtepunt aan die einde van Junie of vroeg in Julie en eindig in Augustus of September.

Watter variante kan ons die jaar verwag?
Griepvirusse verander voortdurend hul antigeenstruktuur, dus is dit onmoontlik om te voorspel watter variant sal sirkuleer. Meestal sal daar ‘n mengsel van griep wees. Mense sal gewoonlik binne drie tot sewe dae herstel, maar ernstige griep kan hospitalisasie of selfs die dood by sommige mense veroorsaak. 
Die jaarlikse griep-entstof (beskikbaar in openbare gesondheidsklinieke en private fasiliteite) kan griep voorkom en beskerm teen ernstige simptome. Jaarliks word entstof verander om by die verwagte sirkulerende virusse te pas. Mense wat die risiko van ernstige siekte het, word sterk aanbeveel om voortydig ingeënt te word.
Wie loop die risiko van ernstige siekte?
Swanger vroue en vroue wat binne ses weke geboorte geskenk het; mense wat met MIV leef; individue met tuberkulose; persone van enige ouderdom met chroniese siektes, veral dié wat longe soos asma aantas; diegene wat immuunonderdrukkende medikasie gebruik of  kankerpasiënte; mense wat met hartsiektes gediagnoseer is (behalwe hipertensie); mense met diabetes en ander metaboliese siektes; en diegene met nier- of lewersiektes of neurologiese en bloedtoestande.Mense ouer as 65 en diegene jonger as 18, insluitend kinders en dié wat chroniese aspirienterapie ontvang, behoort die nodige voorsorg tref.
Hoe belangrik is dit om die entstof te kry?
Dit is noodsaaklik vir mense in die hoër risikogroepe. Vir enige ander ouderdomgroepe is dit raadsaam, veral as hulle hul kanse om siek te word wil verminder of wil verhoed dat hul die virus na ander kwesbare individue versprei. Alhoewel die griepinspuiting nie die risiko om griep te ontwikkel uitskakel nie, help dit om kanse op ernstige infeksie te verminder.
Beskerm jouself deur:
Gereeld hande te was, higiëne toe te pas (soos as jy hoes of nies) en ‘n sakdoek, sneesdoekie of jou elmboog te gebruik om verspreiding te keer.  Dra ‘n masker wanneer jy respiratoriese simptome het (om ander mense te beskerm) en isoleer as jy siek is om te verhoed dat virusse versprei word.