Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Lichstraaltjie Kleuterskool open hul deure amptelik op 1 Julie 1984 op die terrein van die AGS-Kerk in Lichtenburg met sewe kleuters. Nicolette Perry is as die eerste hoof van Lichstraaltjie Kleuterskool aangestel. Die getal kleuters groei fluks en in Januarie 1985 open die Kleuterskool met 78 kleuters en vyf personeellede.  In Januarie 2000 gaan die Kleuterskool na 15 jaar ‘n nuwe era binne. Hulle word deel van Laerskool Lichtenburg, en sal voortaan as Lichstraaltjie Pre-Primêr bekend staan.

Op 1 Januarie 2009 verhuis die Kleuterskool na Laerskool Lichtenburg se terrein.  Tans is Lichstraaltjie die grootste kleuterskool in die dorp met 135 kleuters en 13 personeellede, waarvan Annatjie Senekal die hoof is.  Kleuters ontvang doelgerigte Christelik-georiënteerde onderrig, sonder dat kleuter-wees skade lei. Die kleuters is die middelpunt van die program en die welsyn van elke kleuter word belangrik geag. Die dagprogram maak voorsiening vir elke kind se ontwikkeling in totaliteit. Dit is die prioriteit by die kleuterskool dat elke kleuter veilig en gelukkig moet wees. Daarom die leuse:  “Die Kleuterskool waar u kleuter veilig en gelukkig is.”