Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – MAREETSANE - Tydens die onlangse vergadering van die Mareetsane VLU, het die gasvrou vir die maand, Denise du Rand, lede bederf met ’n heerlike sojaboon-souttert en pakkies verskeie sojaboonhappies – van “trail mix”, gewone geroosterde bone tot kaneel-karamel.
Denise het duidelik baie navorsing gedoen oor die voedingswaarde, gebruike en voordele van die nederige sojaboon, wat as die VLU se produk van die jaar aangewys is.

Sy het haar kennis met groot entoesiasme gedeel en almal het iets nuuts geleer oor hierdie veelsydige peulgewas.
Die marktafel het gesorg vir ’n kleurvolle en smaaklike verskeidenheid, met baie lekkernye en handgemaakte produkte wat te koop aangebied is. 
Daar was ook boekies beskikbaar oor kuberveiligheid vir kinders – ’n aktuele en belangrike onderwerp in vandag se digitale wêreld en ook vanjaar die VLU se Digitale Sekuriteit Projek. Die vrouens het dit waardeer om toegerus te word met wenke om hul kinders aanlyn veilig te hou.
Die vergadering was nie net opvoedkundig nie, maar ook vol samehorigheid en plesier – ’n ware voorbeeld van hoe die VLU vroue bemagtig én verbind.