Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – ZOETMELKSVLEI – Zoetmelksvleitak het ’n besige en leersame tydjie gehad tydens die jaarlikse streekkonferensie wat in Potchefstroom gehou is en die tak se lede goed presteer.
Beverley Killian ontvang ‘n derde plek met die voorsittersverslag. Marietjie van Rooyen ontvang ‘n derde plek vir die lid met die meeste punte in die handbreiwerk-afdeling op die konferensie. Magda Niemann ontvang ‘n derde plek met die Naaldwerkverslag asook ‘n sesde plek in Handvlyt met die Pirografie /Houtbrand op ‘n bord. 

Zoetmelksvleitak ontvang ook die algehele eerste plek in Handvlyt met hulle houtborde. Die tak is baie trots op elke lid se prestasie en deelname.
Die tak se maandelikse verga-dering het ook plaasgevind op 19 Maart. Annarie Pieterse het die vrouens meer geleer oor die gebruike van die jaarlikse produk, sojabone.
Sojabone is ‘n peulgewas van Asiatiese oorsprong en baie ryk aan plantprotiëne en mens kan dit op verskeie maniere verbruik. Soja is waarskynlik baie bekend as ‘n plaasvervanger van vleis, maar die lys van ander gebruike is baie lank. In Suid Afrika word sojabone hoofsaaklik gebruik in dierevoedsel. 
Amerika en Asië is die grootste produsente van sojabone oor die wêreld. 
Die vrouens het geproe aan geroosterde sojabone en vele vrae gevra. 
Vir meer inligting kontak Magda Niemann op 082 3899601.