Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

PW Botes, oud-Liggie, het in 1999 gematrikuleer by Hoërskool Lichtenburg en woon tans in Bethal. 
Die Suid Afrikaanse Protea Boogskietspan van 23 skuts, onder leiding van SANIFAA (South African National Indoor and Field Archery Association), het vanaf
 5 - 9 Augustus in onderskeie afdelings aan die wêreld boogskiet kampioenskappe deelgeneem in Iguassa Falls, Brasilië.

In die afdeling AMBU (Adult Male Bowhunter Unlimited) het Botes ‘n goue medalje verwerf en is dus die wêreldkampioen in dié afdeling. 

Die AMBU-span (PW Botes, Kobus Barnard en Jaques Strauss) het deelgeneem teen verskeie ander wêreldspanne en het ook die kompetisie gewen en die goue medalje ontvang. 
Die Protea-span het ses wêreldrekords gebreek en 24 medaljes huis toe gebring. 
‘n Oud-Liggie wat skitterend vertoon, baie geluk die Liggies en Lichtenburg is baie trots!