Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Muriël Poole (77) is ‘n merkwaardige vrou, ‘n vrou wat glad nie in die kollig wil wees nie.  
Sy is weliswaar die “Florence Nightingale” van die Dierewelsyn. 
Muriël het grootgeword op ‘n plaas in die omgewing. Sy studeer in Johannesburg en werk daar todat sy trou met dr John Poole. Kort daarna word John genooi om vir ‘n multi-nasionale maatskappy in Amerika te werk. Hulle reis vir jare al om die wêreld. 

Hulle keer uiteindelik in 1989 terug na Suid-Afrika en vestig hulle in Lichtenburg. 
Muriël volg in haar moeder se spore en raak betrokke in verskeie voedingsprogramme. Sy begin sopkombuise en lewer kos pakkies af in die omgewing se “villages”, waar sy ‘n kruiekliniek open in Slaap, nadat sy opgelei is in die VSA in die maak van kruieprodukte - en sy begin ook met die verspreiding van haar gesondheidskruie- produkte. Daar is ‘n baie groot aanvraag na basiese medisyne en daarom versprei sy dié produkte. Veral linimente, ‘n kriuemiddel vir artritis en soortgelyke kwale is in groot aanvraag. Baie nodige hoesstrope maak ‘n verskil in vele mense se lewens wat nie medisyne kon bekostig of bekom nie. In 1994 is alle verdere hulp gestuit.
Dr John Poole het ‘n privaat-veearts- praktyk gehad waar Muriël kosbare ervaring opgedoen het. Tans, by die Dierewelsyn waar sy betrokke is, is haar kennis en ondervinding onontbeerlik en van onskatbare waarde.
Sy werk vanaf 2013 as ‘n vrywilliger en sy doen dit 24/7. Sy dra Dierewelsyn op en in haar hart. Niks is te moeilik nie en sy gee haar beste vir elke dier wat by die skuiling is.  Deur die dag is sy daar en sy ken elke dier. Muriël is meer as goud werd, maar sommige dae is swaar, want dit is harde, veeleiesende en emosionele werk. Daar is ‘n paar ander vrywilligers wat help, maar niemand is op ‘n voltydse basis soos sy nie. Haar droom is om die hokke, gebou en terrein op te knap sodat die diere beter versorg kan word. Dierewelsyn kry donasies, skenkings en hulp van mense waarvoor sy hartlik dankbaar is. Dit maak die basiese versorging van die diere moontlik. Iemand wat die leisels kan oorneem is broodnodig. Dit moet ‘n spesiale persoon wees wat in haar voetspore kan volg en soos sý, sal werk as ‘n vrywilliger. 
Om so te werk is ‘n Godgegewe gawe. Muriël is ‘n baie besonderse vrou wat veel meer erkenning, waardering en hulp verdien vir dit wat sy élke dag alleen doen vir die Dierewelsyn se diere.