Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Lichtenburg-kankerkliniek beplan op Vrydag, 30 Augustus ‘n fondsinsameling waartydens die hare gaan waai - of sprei ietsie kleurvol op jou hare om jou dag op te vrolik. Jou donasie  gaan vir ‘n baie goeie doel. Besighede en/of individue word gevra om aan die inisiatief deel te neem ten einde fondse in te samel vir die plaaslike kankerkliniek en hul pasiënte. ‘n Groot deurrysentrum word voor NWK -hoofkantoor beplan, waartydens lede van die publiek die hare kan laat waai (R50 per persoon) of sprei (R20 per “stencil”-ontwerp). 

Besighede met tien of meer belangstellendes, sal deur die kankerkliniek op hul perseel besoek word om die personeel se hare te sny of te sprei.
Laat weet asseblief as jul deel wil wees van die projek om verdere reëlings te tref.
Kontak vir Mathilda op 072 769 9101 of Hannelie op 083 232 6354.