Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Lichtenburg kankerkliniek beplan op Vrydag, 30 Augustus ‘n fondsinsameling waartydens die hare gaan waai...of sprei ietsie kleurvol op jou hare om jou dag op te vrolik! Jou donasie  gaan vir ‘n baie goeie doel. 
Besighede of individue word gevra om aan die inisiatief deel te neem ten einde fondse in te samel vir die plaaslike kankerkliniek en hul pasiënte.

‘n Groot deurry-sentrum word voor NWK-hoofkantoor beplan, waardeur lede van die publiek kan ry om die hare te laat waai (R50 per persoon) of te sprei (R20 per sjabloom/”stencil”-ontwerp). Besighede met tien of meer persone wat wil deelneem, sal besoek word op hul eie persele. 
Laat weet die kankerkliniek as julle deel wil wees van hul projek.Kontak vir Mathilda op 072 769 9101 of Hannelie op 083 232 6354.